Werkure
Maandag – Vrydag: 08:00 – 17:00
Saterdag: 00:00 – 00:00
Spreekkamer: 028 754 3956
Noodgevalle: 076 964 0076
“Tande is altyd in die mode” – Dr Seuss
Stilbaai Tandarts
Professionele Tandheelkunde
Vir die hele gesin
Voortrekkerstraat 14
Stilbaai-Wes
6674
Roetine Werksaamhede en Prosedures
Algemene Sorg
Ons behandel jou tande op die beste, gemaklikste en mees pynlose manier in ons vermoë.
- Skalering & polering
- Herstel van gebreekte gebitte
- Herstel van gebreekte tande & oop tandnekke
- Bleiking/Witmaak van tande
Ondersoek & Diagnose
Voordat ons regtig aan jou tande kan werk, moet ons eers die oorsaak van die probleem vasstel.
- Volledige tandheelkundige ondersoeke
- Mond x-strale
- Panoramiese x-strale
Verwysings
Sommige tandprobleme moet behandel word deur ‘n tandarts wat aanvullend opgelei is t.o.v. ‘n spesifieke gebied in die tandheelkunde.
- Verwysings na Tandheelkundige Spesialiste
Tandheelkundige Prosedures
Dit sluit alle tandheelkundige werk wat ons as tandartse, fisies in jou mond doen, soos ekstraksies en die vul van gaatjies.
- Dentale brûe
- Dentale implantate implants/kunswortels in die kakebeen geanker
- CEREC dentale krone
- Vul van tandgaatjies
- Wortelkanale
- Tandekstraksies
- Chirurgiese tandekstraksies
Tipes Kunstande
Vasgesit of verwyderbaar, gedeeltelik (vervang ontbrekende tande) of kompleet (vervang al die tande).
- Akrielgebitte
- Dentale brûe
- Chroom-/kobaltgebitte
- Dentale krone
- Dentale krone op implantate
Versorg Jou Tande So:

Borsel Gereeld
Borsel twee keer per dag met fluoride tandepasta en ‘n sagte tandeborsel om beskadiging van die tandvleis te voorkom. Onthou om jou borsel elke 3-4 maande te vervang.

Vlos Daagliks
Vlos ten minste een keer per dag om die plaak tussen jou tande te verwyder, asook om te voorkom dat plaak onder die tandvleislyn opbou.

Minimaliseer Suikerige Drankies
Die beste is natuurlik om suikerige drankies, asook die eet van lekkers en ander soet kos heeltemal te vermy. Drink liewers baie water om jou mond en liggaam gehidreer te hou.

Handhaaf 'n Gesonde Dieet
Eet kalsium- en fosfaatryke kos soos suiwelprodukte, asook veselryke vrugte en groente, want vesel help om tande en tandvleis skoon te hou.

Vermy Rook & Damprook (Vape)
Rook, damprook, sowel as die kou van tabak vergroot die gevaar om tandvleisprobleme, mondkanker, verrotting van tande, en so meer, op te doen.

Kou Suikervrye Kougom
Dit sneller die produksie van speeksel in die mond, wat op sy beurt weer voedseldeeltjies afbreek en vuilgoed en ander onsuiwerhede wegwas.
stilbaai-wes, hessequa-gebied, Wes-Kaap
Gesoute Algemene Tandartse
Stilbaai Tandarts bied ‘n wye reeks tandheelkundige behandelings aan almal in ons gemeenskap, sowel as besoekers aan ons dorp en omgewing.
ONS TANDARTSE
Albei ons tandartse het in Julie 1996 gekwalifiseer waarna hulle dadelik as tandartse begin praktiseer het. Beide Dr Charl Enslin en Dr Lindi Gillespie het ook ‘n geruimde tyd in die buiteland gepraktiseer voordat hulle hulself in Stilbaai kom vestig het.
Hulle is ook albei van mening dat kinders reeds vanaf ‘n jong ouderdom goeie mondhigiëne moet aanleer. Daarom gaan hulle uit hul pad om daardie eerste ervaring by die tandarts vir kleuters spesiaal te maak.
Dr Lindi het veral ‘n besonderse slag met jonger kinders, terwyl Dr Charl weer die vermoë besit om ouer pasiënte met groot empatie te hanteer, wat hulle algemene gesondheidstoestand ook al mag wees.
ONS PERSONEEL
Ontvangs
Dit is hoofsaaklik Carin Louw wat ons Ontvangstoonbank behartig. Met byna 18 jaar ondervinding is sy ook baie kundig met die voorbereiding van kwotasies en skakeling met mediese fondse om namens pasiënte magtiging vir prosedures te verkry.
Rekeninge
Engela Matthee behartig die dag-tot-dag administrasie van die Praktyk. Op die rug van 18 jaar ondervinding by ‘n bekende ouditeursfirma, sorteer alle rekeninge (debiteure, sowel as krediteure) en skakeling met mediese fondse onder haar sorg.
Stoelassistente
Liza Buys en Izzane Linstrom is onderskeidelik Dr Charl Enslin en Dr Lindi Gillespie se stoel assistente. Met hul gesamentlike 12 jaar ondervinding, vervul hierdie twee dames ‘n uiters belangrike en waardevolle ondersteuningsrol in die Praktyk.
NUUTSTE TOERUSTING
Ons beskik oor die nodige toerusting om:
- X-strale te neem
- Panoramiese x-strale te neem
- Cerec krone en brue te vervaardig
Met die nuutste toerusting tot ons beskikking, vervaardig ons self krone en brue. Nie net is dit koste-effektief vir ons pasiënte nie, maar ook baie vinniger in vergelyking met prosteses wat na ‘n laboratorium gestuur word vir vervaardiging.
Gereelde Vrae
Dr C Enslin Dentist Inc. is ingekontrakteer met alle erkende mediese fondse in Suid-Afrika. Fooie is dus onderworpe aan, en in ooreenstemming met, mediesefondsvoorskifte en -goedkeuring.
Privaat pasiënte word teen ‘n billike tarief bedien.
Die nuwe perseel te Ebenhaeserstraat 4, (waarheen ons binnekort verskuif) is ten volle rolstoelvriendelik. Dit sluit spesiale parkeerruimte vir pasiënte, asook badkamergeriewe in.
Indien ‘n pasiënt gedurende kantoorure skakel met ‘n noodgeval, sal die pasiënt ingepas word indien ‘n bestaade afspraak gekanselleer word. So nie, sal die pasiënt naure gespreek word.
Ons hou ook boek van pasiënte wat spesifiek vra dat ons hulle moet kontak indien ‘n afspraak vroeër as hul bevestigde datum gekanselleer word.
Die nood-kontaknommer oor naweke en/of vakansiedae is soos volg: 076 964 0076
wag vir antwoord
Wag vir antwoord
What our patients say:
Glimlag met Vertroue
Maak erns met die versorging van jou tande, dan kan hulle jou lewenslank dien.
Kweek die gewoonte aan om ons elke ses maande vir ‘n roetine ondersoek en professionele skoonmaak te besoek.
